FILIPPENSE 2:21-24
FILIPPENSE 2:21-24 Bybel vir almal (ABA)
Al die ander mense dink net aan hulle eie dinge, hulle dink nie aan die dinge van Jesus Christus nie. Maar julle weet Timoteus is 'n goeie mens. Julle weet dat hy saam met my gewerk het om die goeie boodskap te bring, hy het saam met my gewerk soos 'n seun saam met sy pa werk. Ek wil vir Timoteus na julle toe stuur wanneer ek weet wat hier met my sal gebeur. Ek weet die Here sal sorg dat ek ook gou na julle toe sal kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie. Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het. Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan; en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie. Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien. Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop. En ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook gou na julle toe sal kan kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Almal soek net hulle eie belang, nie dié van Jesus •Christus nie. Julle weet hoe Timoteus homself bewys het, hoe hy soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my die evangelie bedien het. Ek hoop dus om hom te stuur, so gou as wat ek weet wat my omstandighede gaan wees. Ek vertrou op die Here dat ek ook self gou sal kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want almal soek hulle eie, nie die dinge wat aan Jesus Christus behoort nie. Maar julle ken die bewys van Hom, dat Hy, soos 'n seun by die vader, saam met My in die evangelie gedien het. Daarom hoop ek om hom gou te stuur, sodra ek sal sien hoe dit met my sal gaan. Maar ek vertrou op die Here dat ek self ook binnekort sal kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Die Boodskap (DB)
Al die ander is so besig met hulle eie dinge dat wat Jesus Christus wil hê vir hulle van minder belang is. Boonop ken julle Timoteus en weet wat daar in hom steek. Hy het die toets mos deeglik deurstaan. Soos ’n seun skouer aan skouer saam met sy pa werk, so het hy hom afgesloof om saam met my die mense van Jesus Christus te vertel. Ek moet erken dat ek ook baie bly sal wees om te hoor hoe dit met julle gaan. Nou ja, sodra die dinge hier afgehandel is en ek weet wat die toekoms vir my inhou, beplan ek om hom na julle toe te stuur. En ek hoop en bid dat die Here my sal toelaat om sommer kort op sy hakke na julle toe te kom.
FILIPPENSE 2:21-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het. Soos ’n seun sy pa help, het hy saam met my gewerk om die Goeie Nuus uit te dra. Ek hoop om juis hóm na julle toe te stuur sodra ek duidelikheid het oor my eie posisie. Ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook binnekort na julle toe sal kan kom.