FILIPPENSE 2:2-4
FILIPPENSE 2:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Daaroor is ek bly, maar julle moet my nog blyer maak: Julle moet dieselfde dinge dink, julle moet dieselfde liefde in julle harte hê, julle moet in julle harte dieselfde voel en dieselfde dinge wil doen. Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself. Julle moenie net aan julleself dink nie, julle moet ook aan die ander gelowiges dink.
FILIPPENSE 2:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.
FILIPPENSE 2:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
FILIPPENSE 2:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself; deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.
FILIPPENSE 2:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vervul my blydskap, dat julle eensgesind is, dieselfde liefde het, eensgesind, eensgesind. Laat niks uit twis of ydelheid geskied nie; maar laat elkeen in nederigheid die ander beter ag as homself. Moenie elkeen na sy eie dinge kyk nie, maar elkeen ook na die dinge van ander.
FILIPPENSE 2:2-4 Die Boodskap (DB)
Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak. Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees. Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.
FILIPPENSE 2:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.