FILIPPENSE 2:19
FILIPPENSE 2:19 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil vir Timoteus gou na julle toe stuur, en ek hoop die Here Jesus sal dink dit is reg. Ek wil hoor hoe dit met julle gaan sodat ek ook beter kan voel.
FILIPPENSE 2:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
FILIPPENSE 2:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek hoop om, as die Here Jesus wil, Timoteus gou na julle toe te stuur, sodat ek ook rus in my gemoed kan hê as ek gehoor het hoe dit met julle gaan.
FILIPPENSE 2:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek hoop in die Here Jesus om Timoteus gou na julle te stuur, sodat ek ook bemoedig kan word wanneer ek julle omstandighede leer ken het.
FILIPPENSE 2:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek vertrou op die Here Jesus om Timotheus binnekort na julle te stuur, sodat ek ook goed kan vertroos wanneer ek julle toestand ken.