FILIPPENSE 2:14-15
FILIPPENSE 2:14-15 Die Boodskap (DB)
Doen alles sonder om te kla of te stry. Dan sal niemand julle kan beskuldig van agterbaksheid of verkeerde motiewe nie. Niemand sal oor julle as kinders van God kan kla nie - al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is.
FILIPPENSE 2:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Doen alles sonder kla en teenpraat, sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van 'n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal
FILIPPENSE 2:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet dit alles doen, julle moenie daaroor kla en terugpraat nie. Dan sal julle heeltemal reg lewe, julle sal niks verkeerd doen nie. Julle lewe nou tussen mense wat baie sleg is en wat sonde doen, maar julle moet God se kinders wees, julle moet reg lewe. Julle moet soos ligte wees wat in 'n donker wêreld skyn
FILIPPENSE 2:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld
FILIPPENSE 2:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld
FILIPPENSE 2:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Doen alles sonder kla en teenpraat, sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van 'n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal
FILIPPENSE 2:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Doen alles sonder murmurering en twis: Sodat julle onberispelik en onskadelik kan wees, kinders van God, sonder teregwysing, te midde van 'n krom en verdraaide nasie, onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld