FILIPPENSE 2:1-3
FILIPPENSE 2:1-3 Die Boodskap (DB)
As julle Christenskap vir julle enigiets beteken; as julle liefde vir mekaar julle deur moeilike tye gedra het; as die teenwoordigheid van die Gees enige verskil in julle lewe gemaak het; as julle weet wat dit beteken om iets vir mekaar te voel, ja, om vir mekaar om te gee, wil ek julle ’n groot guns vra. Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak. Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees.
FILIPPENSE 2:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Julle behoort aan Christus en Hy maak julle geloof sterk. Julle is lief vir mekaar en julle help mekaar. Julle almal het die Heilige Gees in julle harte en daarom behoort julle aan mekaar. Julle is bekommerd oor mekaar en julle sorg vir mekaar. Daaroor is ek bly, maar julle moet my nog blyer maak: Julle moet dieselfde dinge dink, julle moet dieselfde liefde in julle harte hê, julle moet in julle harte dieselfde voel en dieselfde dinge wil doen. Wanneer julle iets doen, dan moet julle dit nie doen omdat julle selfsugtig is of omdat julle dink julle is baie belangrik nie. Julle moenie hoogmoedig wees nie, julle moet dink ander gelowiges is belangriker as julleself.
FILIPPENSE 2:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
FILIPPENSE 2:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
FILIPPENSE 2:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, as daar enige aansporing in •Christus is, as daar enige troos uit die liefde is, as daar enige gemeenskap van die Gees is, as daar enige innige meelewing en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke; deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself
FILIPPENSE 2:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As daar dan enige vertroosting in Christus is, as enige vertroosting van liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innerlike en barmhartigheid is, Vervul my blydskap, dat julle eensgesind is, dieselfde liefde het, eensgesind, eensgesind. Laat niks uit twis of ydelheid geskied nie; maar laat elkeen in nederigheid die ander beter ag as homself.
FILIPPENSE 2:1-3 Die Boodskap (DB)
As julle Christenskap vir julle enigiets beteken; as julle liefde vir mekaar julle deur moeilike tye gedra het; as die teenwoordigheid van die Gees enige verskil in julle lewe gemaak het; as julle weet wat dit beteken om iets vir mekaar te voel, ja, om vir mekaar om te gee, wil ek julle ’n groot guns vra. Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak. Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees.
FILIPPENSE 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is mos deur Christus bemoedig en deur sy liefde getroos! Julle het die gemeenskap beleef wat die Gees bewerk! Julle weet wat omgee en meelewing beteken! Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel. Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself.