FILIPPENSE 1:3-6
FILIPPENSE 1:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Elke maal wanneer ek aan julle dink, dan sê ek vir my God dankie. Elke maal wanneer ek vir julle almal bid, dan word ek bly, want vandat julle die goeie boodskap die eerste maal gehoor het, tot nou toe, help julle my om daardie boodskap na ander mense toe te bring. God het begin om 'n goeie ding in julle harte te doen. Ek is baie seker dat Hy dit sal klaarmaak op die dag wanneer Christus Jesus weer kom.
FILIPPENSE 1:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap — oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus
FILIPPENSE 1:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom.
FILIPPENSE 1:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus.
FILIPPENSE 1:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek dank my God by elke gedagtenis aan julle, Altyd in elke gebed van my vir julle almal wat met blydskap versoek, Vir julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe; Terwyl julle juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal doen tot op die dag van Jesus Christus.
FILIPPENSE 1:3-6 Die Boodskap (DB)
Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle. In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid. Julle staan mos soos een man saam agter God se goeie boodskap met nog presies dieselfde vuur en oortuiging as aan die begin. Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees.
FILIPPENSE 1:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God. Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra. Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.