FILIPPENSE 1:28
FILIPPENSE 1:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God
FILIPPENSE 1:28 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet glad nie bang wees vir julle vyande nie. As julle nie vir hulle bang is nie, dan sal dit vir hulle wys dat God hulle sal straf, maar dat Hy julle sal red.
FILIPPENSE 1:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God.
FILIPPENSE 1:28 Die Boodskap (DB)
Moenie dat die ander wat van julle verskil, julle senuagtig of bang maak nie. Die feit dat julle nie sommer weghardloop nie, sal vir hulle wys dat hulle op die verkeerde pad en julle op die regte pad is. Julle pad loop na God toe. Hy is die Een wat julle red omdat julle in Christus glo. Ons het dit nie verdien nie, maar God het dit ter wille van Christus vir ons gedoen.