FILIPPENSE 1:22 - Compare All Versions

FILIPPENSE 1:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie.

FILIPPENSE 1:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.

FILIPPENSE 1:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie!

FILIPPENSE 1:22 DB (Die Boodskap)

Ek moet regtig erken, as ek tussen lewe en dood moet kies, weet ek nie watter een ek sou kies nie.

FILIPPENSE 1:22 ABA (Bybel vir almal)

Ek weet nie wat ek moet kies nie. As ek aanhou lewe, dan kan ek goeie werk doen

FILIPPENSE 1:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

maar as my liggaam bly leef, beteken dit dat ek nog verder vrugbaar sal kan werk. Ek weet werklik nie wat om te kies nie.

FILIPPENSE 1:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar as ek in die vlees lewe, is dit die vrug van my arbeid; maar wat ek sal uitkies, weet ek nie.