FILIPPENSE 1:21-30
FILIPPENSE 1:21-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie. Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil. En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof, sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle. ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God; omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly, terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.
FILIPPENSE 1:21-30 Bybel vir almal (ABA)
As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter. Ek weet nie wat ek moet kies nie. As ek aanhou lewe, dan kan ek goeie werk doen, maar ek wil graag sterf om by Christus te wees, want dit is die beste. En dit is vir my regtig baie moeilik om te kies of ek moet aanhou lewe en of ek moet sterf. Maar vir julle is dit belangriker dat ek sal aanhou lewe. Ja, ek is seker daarvan. Daarom weet ek dat ek sal aanhou lewe en nog saam met julle almal sal wees, sodat julle geloof kan groei en sodat dit julle bly kan maak. Wanneer ek weer by julle is, dan sal julle nie ophou om Christus Jesus te prys oor my nie. Die belangrikste van alles is dat julle só moet lewe dat julle lewens pas by die goeie boodskap oor Christus. Julle moet saamwerk en dieselfde dinge dink en glo. Julle moet almal saam hard werk sodat ander mense die goeie boodskap kan glo. Julle moet dit doen wanneer ek na julle toe kom en vir julle sien, maar ook wanneer ek nie kom nie en by ander mense hoor wat julle doen. Julle moet glad nie bang wees vir julle vyande nie. As julle nie vir hulle bang is nie, dan sal dit vir hulle wys dat God hulle sal straf, maar dat Hy julle sal red. God is goed vir julle, Hy laat julle glo in Christus, en meer nog, Hy laat julle ook swaarkry. Julle kry swaar omdat julle aan Christus behoort. Julle het gesien en julle hoor nou nog hoe swaar ek kry. Nou kry julle saam met my swaar.
FILIPPENSE 1:21-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie. Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil. En dit vertrou en weet ek dat ek sal bly, ja, saam met julle almal sal bly tot julle bevordering en blydskap in die geloof, sodat julle roem oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur my teenwoordigheid weer by julle. ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God; omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly, terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle in my gesien het en nou van my hoor.
FILIPPENSE 1:21-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie. Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe. Omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek sal bly, ja, vir julle almal behoue sal bly, sodat julle kan toeneem in geloof, en blydskap in julle geloof kan hê. As ek weer by julle kom, sal julle oorvloedige rede hê om Christus Jesus oor my te prys. Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. As ek dan kom, sal ek self sien, of as ek nie kan kom nie, sal ek deur berigte hoor dat julle in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie en julle in geen opsig deur die teenstanders laat afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God. God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle en ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry.
FILIPPENSE 1:21-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want vir my is om te leef Christus, en om te sterf wins; maar as my liggaam bly leef, beteken dit dat ek nog verder vrugbaar sal kan werk. Ek weet werklik nie wat om te kies nie. Ek is in 'n tweestryd gewikkel: Aan die een kant verlang ek om heen te gaan en saam met Christus te wees. Dit is immers verreweg die beste. Aan die ander kant is dit ter wille van julle noodsaakliker dat ek liggaamlik hier bly. Juis omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek hier sal bly, ja, dat ek wel by julle almal sal bly, sodat julle vordering kan maak en geloofsvreugde kan ervaar. So sal julle trots op my, wanneer ek weer by julle is, in Christus Jesus nog meer kan toeneem. Nog net dit: Tree so op dat dit die evangelie van •Christus waardig is, sodat, of ek kom en julle sien, of nie teenwoordig is nie, ek aangaande julle omstandighede mag hoor dat julle in één gees vasstaan, en een van hart en siel saam stry vir die geloof in die evangelie, en julle in geen opsig deur julle teenstanders laat afskrik nie. Vir hulle is dit 'n teken van ondergang, maar vir julle is dit 'n teken van verlossing – en dit kom van God. Dit is immers ter wille van Christus aan julle as gawe gegee om nie net in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly. Julle stry dieselfde stryd wat julle my sien stry het, en waarvan julle nou hoor dat ek nog steeds stry.
FILIPPENSE 1:21-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want vir my is om te lewe Christus, en om te sterwe is wins. Maar as ek in die vlees lewe, is dit die vrug van my arbeid; maar wat ek sal uitkies, weet ek nie. Want ek is in die moeilikheid tussen twee en het 'n begeerte om weg te gaan en met Christus te wees; wat baie beter is: Maar om in die vlees te bly, is vir jou meer nodig. En met hierdie vertroue weet ek dat ek by julle almal sal bly en aanhou vir julle bevordering en vreugde van geloof; Sodat julle blydskap vir my oorvloediger mag wees in Jesus Christus deurdat ek weer na julle toe kom. Laat julle wandel net wees soos dit die evangelie van Christus betaam, sodat of ek kom en julle sien of anders afwesig is, ek van julle sake kan hoor, sodat julle vasstaan in een gees, eensgesind en saam stry vir die geloof van die evangelie; En in niks verskrik vir julle teëstanders nie, wat vir hulle 'n duidelike teken van verderf is, maar vir julle van redding en dié van God. Want aan julle is dit gegee ter wille van Christus, nie alleen om in Hom te glo nie, maar ook om ter wille van Hom te ly; Met dieselfde stryd wat julle in my gesien het, en nou hoor dat dit in my is.
FILIPPENSE 1:21-30 Die Boodskap (DB)
Om te lewe beteken vir my om vir Christus te lewe. Ek kan nog soveel goeie dinge vir Hom doen. Maar om te sterf sal aan die ander kant ook nie vir my sleg wees nie. Ek moet regtig erken, as ek tussen lewe en dood moet kies, weet ek nie watter een ek sou kies nie. Ek voel soos iemand wat in twee verdeel is. Aan die een kant wil ek graag by Christus wees. Wat kan nou beter en lekkerder wees as dit? Maar aan die ander kant is dit vir julle beter en selfs nodig dat ek eers nog ’n rukkie bly lewe. Inderwaarheid is ek seker dat ek nie nou al sal doodgaan nie. Ek sal nog ’n ruk lank vir julle gespaar bly. Ek moet julle eers verder op die pad van die geloof help sodat julle net al hoe blyer kan word omdat julle Christene is. Ek weet mos, as ek binnekort weer daar by julle aangestap kom, sal julle net nie uitgepraat kan raak oor wat Christus Jesus alles vir my gedoen het nie. Gedra julle altyd so dat julle ’n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen. Ek wil net goeie dinge van julle hoor, of ek nou na julle toe kom of nie. Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan en alles doen om ander mense te oortuig dat die goeie boodskap regtig goed is. Moenie dat die ander wat van julle verskil, julle senuagtig of bang maak nie. Die feit dat julle nie sommer weghardloop nie, sal vir hulle wys dat hulle op die verkeerde pad en julle op die regte pad is. Julle pad loop na God toe. Hy is die Een wat julle red omdat julle in Christus glo. Ons het dit nie verdien nie, maar God het dit ter wille van Christus vir ons gedoen.Daarom is dit nie te veel gevra om ter wille van Christus ook swaar te kry nie. Kyk maar na my. Ek is nie al een wat ter wille van Jesus swaarkry nie. Ek en julle stap sy aan sy as Christene, en daarom lê daar soms ook vir julle ’n moeilike, opdraande pad voor.
FILIPPENSE 1:21-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie! Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste. Aan die ander kant is dit vir julle belangriker dat ek bly lewe. Dit weet ek vas en seker: my blywende betrokkenheid by julle almal sal daartoe lei dat julle groei en blydskap in julle geloof sal beleef. Dan, wanneer ek weer by julle is, sal julle nog meer rede hê om dit wat Christus Jesus deur my gedoen het, te besing. Hoofsaak is dat julle leefstyl moet pas by die Goeie Nuus van Christus. Só sal ek dan as ek kom, sién of as ek nie kan kom nie, hóór dat julle met één gees vasstaan en soos ’n span eendragtig saamveg vir ons geloof in die evangelie. Ek sal hoor dat teenstanders julle glad nie afskrik nie. Vir hulle is dit ’n bewys dat hulle verlore gaan, maar vir julle is dit ’n bewys dat God self julle red! Aan julle is immers die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly. Julle voer dieselfde stryd wat julle my vroeër sien stry het. En soos julle gehoor het, duur my stryd nog steeds voort.