FILIPPENSE 1:21-23
FILIPPENSE 1:21-23 Bybel vir almal (ABA)
As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter. Ek weet nie wat ek moet kies nie. As ek aanhou lewe, dan kan ek goeie werk doen, maar ek wil graag sterf om by Christus te wees, want dit is die beste. En dit is vir my regtig baie moeilik om te kies of ek moet aanhou lewe en of ek moet sterf.
FILIPPENSE 1:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie. Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste
FILIPPENSE 1:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. As ek in die lewe bly, kan ek voortgaan met vrugbare arbeid. Wat ek moet kies, weet ek nie. Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste
FILIPPENSE 1:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want vir my is om te leef Christus, en om te sterf wins; maar as my liggaam bly leef, beteken dit dat ek nog verder vrugbaar sal kan werk. Ek weet werklik nie wat om te kies nie. Ek is in 'n tweestryd gewikkel: Aan die een kant verlang ek om heen te gaan en saam met Christus te wees. Dit is immers verreweg die beste.
FILIPPENSE 1:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want vir my is om te lewe Christus, en om te sterwe is wins. Maar as ek in die vlees lewe, is dit die vrug van my arbeid; maar wat ek sal uitkies, weet ek nie. Want ek is in die moeilikheid tussen twee en het 'n begeerte om weg te gaan en met Christus te wees; wat baie beter is
FILIPPENSE 1:21-23 Die Boodskap (DB)
Om te lewe beteken vir my om vir Christus te lewe. Ek kan nog soveel goeie dinge vir Hom doen. Maar om te sterf sal aan die ander kant ook nie vir my sleg wees nie. Ek moet regtig erken, as ek tussen lewe en dood moet kies, weet ek nie watter een ek sou kies nie. Ek voel soos iemand wat in twee verdeel is. Aan die een kant wil ek graag by Christus wees. Wat kan nou beter en lekkerder wees as dit?
FILIPPENSE 1:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. As ek aanhou lewe, kan ek vrugbaar werk. Ek weet regtig nie wat om te kies nie! Ek is in ’n tweestryd. Aan die een kant verlang ek om te vertrek en bý Christus te wees, want dit is vir my verreweg die beste.