FILIPPENSE 1:15
FILIPPENSE 1:15 Bybel vir almal (ABA)
Party van die mense hier preek oor Christus omdat hulle jaloers is en daarvan hou om te stry. Maar ander mense preek oor Christus omdat hulle goed wil doen.
FILIPPENSE 1:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sommige preek Christus wel ook uit afguns en twis, maar ander ook uit welwillendheid
FILIPPENSE 1:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is wel party wat Christus verkondig omdat hulle jaloers op my is en iets teen my het, maar ander doen dit met opregte bedoelings.
FILIPPENSE 1:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sommige verkondig Christus wel uit jaloesie en twisgierigheid, ander egter uit goedgesindheid.
FILIPPENSE 1:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sommige verkondig Christus inderdaad selfs uit afguns en twis; en sommige ook van goeie wil
FILIPPENSE 1:15-17 Die Boodskap (DB)
Onder julle is daar party mense wat ook graag op die kansel klim. Hulle is egter jaloers op my en wil wys dat hulle beter as ek is. Hulle probeer dit vir my moeilik maak terwyl ek hier in die tronk is. Hulle wil net graag aandag trek en stel nie regtig in ander mense belang nie. Maar daar is gelukkig ook mense wat baie goed met my oor die weg kom. Hulle is lojaal teenoor my en het my lief. Hulle weet mos dat ek in die tronk is omdat die verspreiding van God se goeie nuus vir my baie, baie belangrik is.