FILIPPENSE 1:10-11
FILIPPENSE 1:10-11 Bybel vir almal (ABA)
watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie. Ja, Jesus Christus sal julle help om baie goeie dinge te doen, en so sal julle vir almal wys dat julle God prys en dien.
FILIPPENSE 1:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.
FILIPPENSE 1:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
FILIPPENSE 1:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
om die dinge wat saak maak, te kan onderskei, sodat julle, met die oog op die dag van Christus, innerlik suiwer en onberispelik kan wees, gevul met die vrug van •geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God.
FILIPPENSE 1:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat julle die voortreflike dinge kan goedkeur; sodat julle opreg en sonder aanstoot mag wees tot op die dag van Christus; word vervul met die vrugte van geregtigheid wat deur Jesus Christus is, tot eer en lof van God.
FILIPPENSE 1:10-11 Die Boodskap (DB)
Dan sal julle altyd die beste keuses kan maak. Dit sal sorg dat wanneer Jesus weer kom, niemand ’n vinger na julle sal kan wys en julle van swakhede beskuldig nie. In alles wat julle doen, sal mense kan sien dat julle verhouding met God reg is. Jesus Christus sal julle help om reg te lewe. So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is. Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat.
FILIPPENSE 1:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!