FILIPPENSE 1:1-2
FILIPPENSE 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, skryf hierdie brief vir julle almal wat God se mense is in Filippi, almal wat aan Christus Jesus behoort. Ek skryf ook vir julle, ouderlinge en diakens. Timoteus, ook 'n dienaar van Christus Jesus, skryf die brief saam met my. Ek bid dat God ons Vader en die Here genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.
FILIPPENSE 1:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
FILIPPENSE 1:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
FILIPPENSE 1:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus en Timoteus, diensknegte van •Christus Jesus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, en ook die opsieners en diakens: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
FILIPPENSE 1:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus en Timotheus, die dienaars van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, saam met die biskoppe en diakens: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus.
FILIPPENSE 1:1-2 Die Boodskap (DB)
Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf. Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s’n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg. Ons groet julle met die wens dat God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle baie goed sal wees; mag julle die vrede beleef wat net God kan gee.
FILIPPENSE 1:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus. Ons skryf aan al God se mense in Filippi, al die Christene, ouderlinge en diakens ingesluit. Die genade en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus sal met julle wees.