FILIPPENSE 1:1-14
FILIPPENSE 1:1-14 Die Boodskap (DB)
Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf. Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s’n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg. Ons groet julle met die wens dat God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle baie goed sal wees; mag julle die vrede beleef wat net God kan gee. Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle. In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid. Julle staan mos soos een man saam agter God se goeie boodskap met nog presies dieselfde vuur en oortuiging as aan die begin. Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees. Ek het rede om so oor julle almal te voel. Ek het nog altyd ’n baie besondere plekkie vir julle gehad. Julle was mos van die begin af aan my kant, soos nou nog steeds. Dit het vir julle nie saak gemaak of ek in die tronk gegooi is of soos ’n misdadiger in die hof moes veg en beledig is omdat ek vir mense van Jesus vertel het nie. God was egter deur dit alles goed vir my, en dit het julle die hele tyd saam met my ervaar. Ek verlang baie na julle, gaan vra maar vir God self; Hy sal julle kan sê hoe baie ek verlang. Julle weet hoe baie Christus vir julle omgee. Nou ja, ek gee net soveel vir julle om. Weet julle waarvoor bid ek? Ek bid dat julle al hoe nader aan Jesus sal leef. Dit is moontlik as julle bereid is om uit julle geestelike ervaring te leer. Dan sal julle altyd die beste keuses kan maak. Dit sal sorg dat wanneer Jesus weer kom, niemand ’n vinger na julle sal kan wys en julle van swakhede beskuldig nie. In alles wat julle doen, sal mense kan sien dat julle verhouding met God reg is. Jesus Christus sal julle help om reg te lewe. So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is. Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat. My liewe vriende, ek wil julle graag iets vertel. Al die dinge wat so met my gebeur, lyk of dit sleg is, maar eintlik is dit goed. Hoekom is dit goed? Dit help die verkondiging van die evangelie aan. Nie net al die wagte in die paleis nie, maar ook al die ander mense sien duidelik dat ek hier in die tronk is net omdat ek ’n Christen is. Dit het bowendien ’n goeie invloed op die meeste ander mense wat ook die Here dien. Hulle sien dat daar selfs iets goeds van kan kom om in die tronk te sit. Dit laat hulle moed skep. Hulle is nie meer bang om oor Jesus te praat nie. Waar hulle vroeër maar stilgebly het omdat hulle te bang was, begin hulle nou al hoe meer oor Hom praat.
FILIPPENSE 1:1-14 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, skryf hierdie brief vir julle almal wat God se mense is in Filippi, almal wat aan Christus Jesus behoort. Ek skryf ook vir julle, ouderlinge en diakens. Timoteus, ook 'n dienaar van Christus Jesus, skryf die brief saam met my. Ek bid dat God ons Vader en die Here genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee. Elke maal wanneer ek aan julle dink, dan sê ek vir my God dankie. Elke maal wanneer ek vir julle almal bid, dan word ek bly, want vandat julle die goeie boodskap die eerste maal gehoor het, tot nou toe, help julle my om daardie boodskap na ander mense toe te bring. God het begin om 'n goeie ding in julle harte te doen. Ek is baie seker dat Hy dit sal klaarmaak op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Dit is heeltemal reg dat ek so oor julle dink, want julle is lief vir my. Julle almal dink altyd aan my en julle weet hoe goed God vir my is terwyl ek nou 'n gevangene is en hier kan vertel dat die goeie boodskap reg en waar is. God weet hoe baie ek na julle verlang. Hy weet ek is so lief vir julle soos Christus Jesus lief is vir julle. Ek bid dat julle liefde meer en meer sal word sodat julle alles beter sal verstaan en sal weet watter dinge is die regte dinge om te doen. Dan sal julle harte heeltemal skoon wees wanneer Christus weer kom, en niemand sal kan sê dat julle vir hom probleme gegee het nie. Ja, Jesus Christus sal julle help om baie goeie dinge te doen, en so sal julle vir almal wys dat julle God prys en dien. Vriende, ek wil hê julle moet weet dat al die dinge wat met my gebeur het, gehelp het dat meer mense die goeie boodskap hoor. Want al die mense van die keiser wat my hier oppas en ook die ander mense weet nou dat ek 'n gevangene is omdat ek aan Christus behoort. Die meeste mense hier wat in die Here glo, glo nou nog meer vas dat die Here sal doen wat Hy gesê het, omdat hulle gehoor het dat ek 'n gevangene is. Hulle word nou meer en meer dapper, hulle is nie bang om die boodskap van die Here vir ander mense te bring nie.
FILIPPENSE 1:1-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! EK dank my God elke maal as ek aan julle dink — en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap — oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus; soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is. Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus. En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God. En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het, sodat my boeie openbaar geword het in Christus onder die hele keiserlike lyfwag en by al die ander, en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.
FILIPPENSE 1:1-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom. Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God my gee, sowel in my gevangenskap as in my verdediging van die evangelie en die bevestiging van die waarheid daarvan. God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer. Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek 'n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.
FILIPPENSE 1:1-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus en Timoteus, diensknegte van •Christus Jesus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, en ook die opsieners en diakens: Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. Ek dank my God elke keer wanneer ek aan julle dink. Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus. Dit is immers vir my reg om so oor julle almal te dink, omdat ek julle in my hart hou. Wat my gevangenskap, sowel as die verdediging en bevestiging van die evangelie betref, deel julle almal saam met my in die genade. Want God is my getuie hoe ek met die innigheid van Christus Jesus intens na julle almal verlang. Ek bid juis dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in kennis en insig, om die dinge wat saak maak, te kan onderskei, sodat julle, met die oog op die dag van Christus, innerlik suiwer en onberispelik kan wees, gevul met die vrug van •geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God. Broers, ek wil hê julle moet weet dat wat met my gebeur het, in werklikheid tot bevordering van die evangelie gelei het. Sodoende het dit by die hele pretorium en al die ander bekend geword dat ek ter wille van •Christus in gevangenskap verkeer. Ook waag die meeste van die broers in die Here, omdat hulle as gevolg van my gevangenskap vertroue verkry het, dit baie meer om die woord vreesloos te verkondig.
FILIPPENSE 1:1-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus en Timotheus, die dienaars van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filippi is, saam met die biskoppe en diakens: Genade vir julle en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus. Ek dank my God by elke gedagtenis aan julle, Altyd in elke gebed van my vir julle almal wat met blydskap versoek, Vir julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe; Terwyl julle juis hierop vertrou, dat Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal doen tot op die dag van Jesus Christus. Net soos dit vir my gepas is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart het; in soverre beide in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie, julle almal my genade deelagtig is. Want God is my getuigskrif, hoe baie ek verlang na julle almal in die ingewande van Jesus Christus. En dit bid ek dat u liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en in alle oordeel; Sodat julle die voortreflike dinge kan goedkeur; sodat julle opreg en sonder aanstoot mag wees tot op die dag van Christus; word vervul met die vrugte van geregtigheid wat deur Jesus Christus is, tot eer en lof van God. Maar ek wil hê dat julle moet verstaan, broers, dat die dinge wat met my gebeur het, eerder tot die bevordering van die evangelie uitgeval het; Sodat my bande in Christus openbaar word in die hele paleis en op al die ander plekke; En baie van die broeders in die Here, wat deur my boeie vertroue word, is baie meer vrymoedig om die woord sonder vrees te spreek.
FILIPPENSE 1:1-14 Die Boodskap (DB)
Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf. Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s’n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg. Ons groet julle met die wens dat God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle baie goed sal wees; mag julle die vrede beleef wat net God kan gee. Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle. In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid. Julle staan mos soos een man saam agter God se goeie boodskap met nog presies dieselfde vuur en oortuiging as aan die begin. Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees. Ek het rede om so oor julle almal te voel. Ek het nog altyd ’n baie besondere plekkie vir julle gehad. Julle was mos van die begin af aan my kant, soos nou nog steeds. Dit het vir julle nie saak gemaak of ek in die tronk gegooi is of soos ’n misdadiger in die hof moes veg en beledig is omdat ek vir mense van Jesus vertel het nie. God was egter deur dit alles goed vir my, en dit het julle die hele tyd saam met my ervaar. Ek verlang baie na julle, gaan vra maar vir God self; Hy sal julle kan sê hoe baie ek verlang. Julle weet hoe baie Christus vir julle omgee. Nou ja, ek gee net soveel vir julle om. Weet julle waarvoor bid ek? Ek bid dat julle al hoe nader aan Jesus sal leef. Dit is moontlik as julle bereid is om uit julle geestelike ervaring te leer. Dan sal julle altyd die beste keuses kan maak. Dit sal sorg dat wanneer Jesus weer kom, niemand ’n vinger na julle sal kan wys en julle van swakhede beskuldig nie. In alles wat julle doen, sal mense kan sien dat julle verhouding met God reg is. Jesus Christus sal julle help om reg te lewe. So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is. Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat. My liewe vriende, ek wil julle graag iets vertel. Al die dinge wat so met my gebeur, lyk of dit sleg is, maar eintlik is dit goed. Hoekom is dit goed? Dit help die verkondiging van die evangelie aan. Nie net al die wagte in die paleis nie, maar ook al die ander mense sien duidelik dat ek hier in die tronk is net omdat ek ’n Christen is. Dit het bowendien ’n goeie invloed op die meeste ander mense wat ook die Here dien. Hulle sien dat daar selfs iets goeds van kan kom om in die tronk te sit. Dit laat hulle moed skep. Hulle is nie meer bang om oor Jesus te praat nie. Waar hulle vroeër maar stilgebly het omdat hulle te bang was, begin hulle nou al hoe meer oor Hom praat.
FILIPPENSE 1:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie brief kom van Paulus en Timoteus, diensknegte van Christus Jesus. Ons skryf aan al God se mense in Filippi, al die Christene, ouderlinge en diakens ingesluit. Die genade en die vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus sal met julle wees. Elke keer as ek aan julle dink, dank ek God. Ek bid altyd in al my gebede met blydskap vir julle almal omdat julle, van die eerste dag wat julle die Goeie Nuus gehoor het, tot vandag toe saamgewerk het om dit verder uit te dra. Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. Dit is vanselfsprekend dat ek so oor julle almal voel omdat julle my na aan die hart lê. Julle almal deel saam met my in God se genade – wanneer ek in die tronk sit én wanneer ek die waarheid van die Goeie Nuus verdedig en bevestig. God kan getuig hoe ek na julle almal verlang. Ek gee vir julle om met die liefdevolle deernis van Christus Jesus! Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ’n al beter begrip en ’n fyn aanvoeling ontwikkel. Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle gehoorsaamheid aan die wil van God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word! Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus. Dit het vir almal hier, ook vir die soldate van die paleiswag, duidelik geword dat ek in die tronk is ter wille van Christus. En die meerderheid mede-gelowiges hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees.