FILEMON 1:6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

FILEMON 1:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

FILEMON 1:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

FILEMON 1:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

FILEMON 1:6 DB (Die Boodskap)

Ek bid dat jou verhouding met my as jou broer in die geloof jou nog meer sal laat besef watter goeie dinge God aan ons geskenk het. Dit is ons deel omdat ons in Christus glo.

FILEMON 1:6 ABA (Bybel vir almal)

Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy.

FILEMON 1:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van •Christus.

FILEMON 1:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

sodat die boodskap van jou geloof effektief kan word deurdat jy elke goeie ding wat in jou is, in Christus Jesus erken.