YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

FILEMON 1:6

FILEMON 1:6 Bybel vir almal (ABA)

Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)

My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van •Christus.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

sodat die boodskap van jou geloof effektief kan word deurdat jy elke goeie ding wat in jou is, in Christus Jesus erken.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Die Boodskap (DB)

Ek bid dat jou verhouding met my as jou broer in die geloof jou nog meer sal laat besef watter goeie dinge God aan ons geskenk het. Dit is ons deel omdat ons in Christus glo.

Deel
Lees FILEMON 1

FILEMON 1:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

Deel
Lees FILEMON 1
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's