FILEMON 1:4-16
FILEMON 1:4-16 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir my God elke maal dankie wanneer ek bid en aan jou dink, want ons het gehoor dat jy lief is vir al die mense wat aan God behoort en dat jy in die Here Jesus glo. Ek bid dat mense wat nie glo nie, ook die goeie dinge sal leer ken wat Christus vir ons gegee het, vir ons wat aan Christus behoort. Dan sal hulle ook in Christus glo, soos jy. Liewe vriend, jou liefde vir mense het my baie bly gemaak en het my gehelp om nie moedeloos te word nie, want jy het die mense wat aan God behoort, weer bemoedig. Daarom is ek nie bang om vir jou te sê wat Christus wil hê jy moet doen nie. Maar jy glo ook in Christus, en ek is lief vir jou. Daarom wil ek vir jou mooi vra. Ek, Paulus, vra dit, ek wat 'n ou man is en wat in die tronk is omdat ek aan Christus Jesus behoort. Ek vra vir jou mooi om vir Onesimus te help. Hy is soos my eie kind, want terwyl ek in die tronk was, het ek vir hom soos 'n pa geword toe ek vir hom die goeie boodskap van Christus Jesus gebring het. Voorheen het Onesimus nie vir jou gehelp nie, maar nou kan hy vir jou en vir my help. Ek het hom na jou toe gestuur, hy is vir my baie kosbaar. Ek wou hom by my hou sodat hy vir my kon help. Jy kan nie vir my help nie, want ek is in die tronk omdat ek vir mense die goeie boodskap gebring het. Maar ek wou niks doen nie, ek wou weet dat jy ook dink dit is reg. Dan kon jy 'n goeie ding doen, nie omdat iemand gesê het jy moet dit doen nie, maar omdat jy self lus was om dit te doen. Want miskien is dit hoekom Onesimus 'n kort tyd weg was van jou. Hy was weg sodat jy hom vir altyd kan terugkry. En nou kry jy hom terug, en hy is nie meer 'n slaaf nie, hy is nou iemand wat meer is as 'n slaaf. Ja, hy is 'n vriend, ek is baie lief vir hom. Maar jy is baie meer lief vir hom, want hy is nog jou slaaf en hy behoort nou ook aan die Here.
FILEMON 1:4-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink, omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het, dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus. Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is. DAAROM, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is, pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as 'n ou man en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus, pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie, wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug; maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan. Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien. Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. Want miskien is hy om hierdie rede 'n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit, nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
FILEMON 1:4-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys. My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het. Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus. Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword. Voorheen was hy vir jou nie bruikbaar nie, maar nou is hy baie bruikbaar sowel vir jou as vir my. Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom. Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is. Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry, nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here.
FILEMON 1:4-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou dink in my gebede, omdat ek gehoor het van jou liefde vir al die heiliges, en van jou geloof in die Here Jesus. Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van •Christus. Ek is inderdaad baie bly en bemoedig oor jou liefde, broer, omdat die hart van die heiliges deur jou verkwik is. Daarom, al het ek in •Christus groot vrymoedigheid om jou te beveel wat jy behoort te doen, rig ek, Paulus, op grond van die liefde eerder 'n versoek aan jou, juis omdat ek so 'n ou man is, en nou ook nog 'n gevangene ter wille van Christus Jesus. Ek pleit by jou vir my geestelike kind, Onesimus, wat ek tydens my gevangenskap verwek het. Hy het destyds vir jou geen voordeel ingehou nie, maar nou hou hy vir jou en vir my groot voordeel in. Ek het hom na jou teruggestuur, hy wat my eie hart is! Ek wou hom graag by my hou, sodat hy my in jou plek kon dien, terwyl ek ter wille van die evangelie in boeie is. Maar sonder jou instemming wou ek niks doen nie, sodat jy jou goeie daad nie uit dwang nie, maar vrywillig sal doen. Dalk was hy juis om hierdie rede 'n rukkie lank van jou af weg, sodat jy hom vir altyd kan terugkry, nie langer as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf, as 'n geliefde broer – in die besonder vir my, hoeveel te meer dan vir jou – liggaamlik, sowel as in die Here.
FILEMON 1:4-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek dank my God, terwyl ek altyd in my gebede van U melding maak, om te hoor van u liefde en geloof wat u het teenoor die Here Jesus en teenoor al die heiliges; sodat die boodskap van jou geloof effektief kan word deurdat jy elke goeie ding wat in jou is, in Christus Jesus erken. Want ons het groot blydskap en vertroosting in u liefde, omdat die ingewande van die heiliges deur u verkwik word, broer. Daarom, al sou ek baie vrymoedig wees in Christus om jou te beveel wat gerieflik is, Maar ek smeek u om liefde ontwil liewer, omdat u so iemand is soos die bejaarde Paulus en nou ook 'n gevangene van Jesus Christus. Ek smeek jou vir my seun Onesimus, wat ek in my boeie verwek het: wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou vir jou en vir my nuttig. Wat ek weer gestuur het; neem dan hom aan, dit is my eie ingewande. Wat ek by my sou behou het, sodat hy my in die boeie van die evangelie kon bedien het. Maar sonder u verstand sou ek niks doen nie; dat u voordeel nie as 't ware uit nood sou wees nie, maar gewillig. Want miskien het hy dan vir 'n tyd weggegaan, dat U hom vir ewig sou aanneem; Nie nou as 'n dienskneg nie, maar bo 'n dienskneg, 'n geliefde broeder, veral vir my, maar hoeveel te meer vir jou in die vlees sowel as in die Here?
FILEMON 1:4-16 Die Boodskap (DB)
Filemon, ek dink gedurig aan jou en ek bid so baie vir jou. Ek sê elke keer vir God baie dankie wanneer ek aan jou dink, want ek hoor net die wonderlikste dinge van jou. Almal praat van jou onverskrokke geloof in die Here Jesus en van jou liefde vir Hom en vir ander gelowiges. Ek bid dat jou verhouding met my as jou broer in die geloof jou nog meer sal laat besef watter goeie dinge God aan ons geskenk het. Dit is ons deel omdat ons in Christus glo. My liewe vriend, jou liefde vir ander Christene is vir my ’n riem onder die hart. Dit bring groot vreugde en troos vir my. Jy het al so baie beteken vir mense wat God dien. Filemon, ons albei glo in Christus. Daarom sou ek jou kon beveel om te doen wat ek jou nou wil vra. Tog verkies ek om eerder by jou te pleit om na my versoek te luister omdat ons albei die Here liefhet. Ek, Paulus, doen dit as ’n ouer persoon wat jou respek waardig is, en ook as iemand wat boonop in die tronk is ter wille van Christus Jesus. My versoek gaan oor Onesimus, my kind in die geloof. Hier in die tronk het ek sy pa in die Here geword toe hy tot bekering gekom het. Vroeër kon jy nie veel met hom uitrig nie, maar nou het alles verander. Van nou af gaan hy sommer baie vir my en jou beteken. Daarom stuur ek hom na jou toe terug. Dit voel vir my of ’n deel van my hart uitgeruk is en saam met hom teruggaan. Ek sou Onesimus bitter graag hier by my wou hou. As hy hier gebly het, kon hy my in jou plek bygestaan het. Want, soos jy weet, gaan my sendingwerk voort selfs terwyl ek ter wille van die evangelie in die tronk is. Maar ek wou hom nie sonder jou toestemming hier hou nie. As ek Onesimus hier gehou het, sou jy verplig gewees het om dit so te aanvaar, maar dan sou ek nie reg opgetree het nie. Jy moet self daaroor besluit. Dit is eintlik goed dat jy Onesimus so ’n rukkie lank verloor het. Nou kry jy hom vir altyd terug. En gelukkig ook op ’n heeltemal ander manier as wat jy gedink het. Nie meer as ’n slaaf nie. Nee, hy is nou baie meer as dit. Jy kry Onesimus nou terug as jou broer in die Here; as iemand vir wie jy baie lief moet wees. Onesimus was ’n wonderlike broer vir my terwyl hy saam met my in die tronk was; hoeveel te meer sal hy dit nie vir jou wees nie. Jy kry nou ’n splinternuwe mens en ’n broer in die Here terug.
FILEMON 1:4-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Filemon, ek dank my God altyd wanneer ek in gebed aan jou dink, want ek hoor van jou liefde vir al God se mense en van jou getrouheid aan die Here Jesus Christus. Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen. Broer, jou liefde het my bly gemaak en my bemoedig, omdat jy die harte van God se mense so dikwels verkwik het. In my verbondenheid aan Christus het ek volle vrymoedigheid om vir jou te sê wat jy moet doen. Tog wil ek, Paulus, ’n ou man, en nou ook nog ’n gevangene ter wille van Christus Jesus, eerder ’n beroep op jou liefde doen. Ek pleit by jou vir my kind Onesimus. Ek het hom hier in die tronk tot bekering gelei. Hy was voorheen vir jou niks werd nie, maar nou is hy vir jou en ook vir my baie bruikbaar. Ek stuur hom na jou toe terug. Hy is my hart se punt. Eintlik sou ek, terwyl ek in boeie is omdat ek die Goeie Nuus verkondig, hom graag hier by my wou hou sodat hy my namens jou kan help. Ek wou egter eers met jou daaroor praat sodat die goeie dinge wat jy doen, nie afgedwing word nie, maar vrywillig kan wees. Dalk móés Onesimus ’n rukkie van jou af weg wees sodat jy hom vir ewig kan terugkry, nie langer as ’n slaaf nie, nee, méér as ’n slaaf, as ’n geliefde broer! Dis wat hy veral vir my beteken; hoeveel te meer sal hy as mens én as Christen, dit nie vir jou beteken nie!