FILEMON 1:1 - Compare All Versions
FILEMON 1:1 ABA (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus Jesus behoort. Ek en ons vriend Timoteus skryf hierdie brief vir jou, Filemon. Jy werk saam met ons vir God, en ons is lief vir jou.
FILEMON 1:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
PAULUS, 'n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons mede-arbeider
FILEMON 1:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Van Paulus, 'n gevangene ter wille van Christus Jesus, en van ons broer Timoteus. Aan Filemon, ons vriend en medewerker
FILEMON 1:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Paulus, die gevangene van •Christus Jesus, en ons broer Timoteus, aan ons geliefde medewerker Filemon
FILEMON 1:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Paulus, 'n gevangene van Jesus Christus, en Timoteus, ons broer, aan Filemon, ons dierbaarste geliefde en medearbeider
FILEMON 1:1 DB (Die Boodskap)
Van Paulus. Ek is op die oomblik in die tronk omdat ek die goeie nuus oor Jesus Christus bekendmaak. Timoteus, my broer in die Here, is ook hier by my. Ek skryf hierdie brief aan jou, Filemon, my liewe vriend wat saam met my in die Here se diens staan.
FILEMON 1:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hierdie brief kom van Paulus. Ek is ’n gevangene ter wille van Christus Jesus. Ons broer Timoteus skryf hierdie brief saam met my. Ons skryf aan Filemon, ons geliefde vriend en medewerker