YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

OBADJA 1:17

OBADJA 1:17 Bybel vir almal (ABA)

Maar op Sionsberg sal dit weer goed gaan. Dit sal weer 'n gewyde plek wees. Die nageslag van Jakob sal hulle eie land terugvat, die land wat aan hulle behoort het.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Maar op die berg Sion sal daar ontkoming wees, en dit sal 'n heiligdom wees; en die huis van Jakob sal sy besittings in besit neem.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)

Maar op Sionsberg sal daar uitkoms kom, dit sal weer 'n heilige plek wees. Die volk van Jakob sal weer in besit neem wat aan hom behoort.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Maar op die berg Sion sal daar ontvlugting wees, en Sion sal heilig wees. “Die huis van Jakob sal dié wat hulle verdryf het, uitdryf.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Maar op die berg Sion sal verlossing wees, en daar sal heiligheid wees; en die huis van Jakob sal hulle besittings in besit neem.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Die Boodskap (DB)

My tempel op die berg Sion sal ’n plek word waarheen die mense vlug. Dit sal die plek wees wat vir My eenkant gesit is. Die nageslag van Jakob sal daar kom kry wat aan hulle behoort.

Deel
Lees OBADJA 1

OBADJA 1:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Jerusalem sal ’n toevlugsoord wees. Dit sal ’n heilige plek wees. Die mense van Israel sal weer terugkom om hulle erfdeel op te eis.

Deel
Lees OBADJA 1
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's