OBADJA 1:14 - Compare All Versions
OBADJA 1:14 ABA (Bybel vir almal)
Julle het langs die pad gestaan en wag om die mense van Juda dood te maak toe hulle gevlug het. Julle het die mense wat nog gelewe het, vir die vyande gegee, daardie dag toe dit so sleg met hulle gegaan het. Julle het verkeerd gedoen, julle moes nie dit alles gedoen het nie.
OBADJA 1:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En jy moes nie gestaan het op die kruispad om sy vlugtelinge uit te roei nie en nie sy vrygeraaktes uitgelewer het op die dag van benoudheid nie.
OBADJA 1:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
jy moes nie by die kruispaaie gaan staan het om sy vlugtelinge dood te maak nie; jy moes nie sy oorlewendes uitgelewer het die dag toe die ellende hom getref het nie.
OBADJA 1:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy moes nie op die ontsnaproetes gaan staan het om sy vlugtelinge uit te roei nie. Jy moes nie sy mense wat wou ontvlug uitgelewer het op die dag van angs nie.
OBADJA 1:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jy moes ook nie op die kruispad gestaan het om dié van hom wat ontsnap het, uit te roei nie; en die van hom wat op die dag van benoudheid oorgebly het, moes jy nie oorgee nie.
OBADJA 1:14 DB (Die Boodskap)
Jy moes nie by die plek gaan staan het waar die paaie kruis om dié dood te maak wat uit die stad uit weggekom het nie. Dit was verkeerd van jou om dié wat die aanval oorleef het aan die vyand uit te lewer.
OBADJA 1:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Jy moes nie by die kruisings gaan staan het om die vlugtelinge dood te maak nie. Jy moes ook nie in hierdie rampspoedige tyd die oorlewendes van die aanval aan hulle vyande uitgelewer het nie.”