OBADJA 1:10-11
OBADJA 1:10-11 Bybel vir almal (ABA)
julle was wreed met die nageslag van Jakob, julle voorvader se broer. Daarom sal dit met julle ook sleg gaan. Julle vyande sal julle doodmaak.” “Mense uit 'n ander land het oorlog kom maak teen Jerusalem. Hulle het al die stad se soldate weggevat en hulle het lootjies getrek oor die mense en die goed in die stad. Hulle wou kyk wat elkeen moet kry. Toe het julle gestaan en kyk. Julle was saam met die vyande.
OBADJA 1:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weens die geweld teen jou broer Jakob gepleeg, sal skande jou bedek, en jy sal uitgeroei word vir ewig. Die dag toe jy daarby gestaan het, die dag toe vreemdes sy rykdom weggevoer en uitlanders deur sy poorte gedring en die lot oor Jerusalem gewerp het — toe was jy ook soos een van hulle!
OBADJA 1:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
op jou broervolk Jakob, oor die geweld teen hom, sal jy verslaan word, uitgeroei word vir altyd. Die dag toe vreemdes die bevolking van Jakob gevange weggevoer het, het jy afsydig daar gestaan. Toe uitlanders die poorte van Jerusalem binnegegaan en oor hom begin lootjies trek het, was jy aan hulle kant.
OBADJA 1:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
vanweë geweld teen jou broer Jakob, sal skaamte jou oorval en jy sal uitgeroei word vir altyd. Die dag toe jy eenkant gaan staan het, die dag toe vreemdes die besittings van Jakob weggevoer het, toe buitelanders sy poorte binnegedring en geloot het oor Jerusalem, was ook jy soos een van hulle!
OBADJA 1:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want jou geweld teen jou broer Jakob sal jou oordek, en jy sal vir ewig uitgeroei word. Die dag toe jy oorkant gestaan het, op die dag toe die vreemdelinge sy leërs weggevoer het en vreemdelinge in sy poorte ingegaan en die lot oor Jerusalem gewerp het, was jy ook soos een van hulle.
OBADJA 1:10-11 Die Boodskap (DB)
Jy het die nageslag van jou pa se broer baie hard behandel. Jy behoort jou daaroor te skaam. Omdat jy jou oom Jakob se nageslag vermoor het, sal jy self uitgemoor word. Die dag toe daar mense van ’n ander plek gekom en Jerusalem verwoes het, het jy met gevoude arms gestaan en kyk sonder om ’n vinger te verroer. Toe vreemdelinge deur die hekke van Jerusalem marsjeer en lootjies getrek het oor die goed wat hulle uit die stad gevat het, was jy aan hulle kant.
OBADJA 1:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hoekom sal dit gebeur? Omdat jy gewelddadig was teenoor Israel wat eintlik jou bloedverwante is. Die vernedering daaroor sal jy vir altyd moet dra. Jy sal heeltemal uitgewis word. Toe Israel ’n tyd beleef het toe hulp regtig nodig was, het jy jou bloedverwante in die steek gelaat. Jy het afsydig gestaan en toekyk toe vreemde invallers Jerusalem binnegeval het. Jy het nie ’n vinger gelig om te help toe hulle rykdom weggedra en lootjies getrek het om die stad te verdeel nie. Jy het soos een van Israel se vyande opgetree.