NUMERI 4:48 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 4:46-48 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die groottotaal Leviete van tussen dertig en vyftig jaar, almal wat geskik was om te dien in die tent van ontmoeting en om die drawerk te doen, was ag duisend vyf honderd en tagtig. Moses, Aäron en die leiers van Israel het hulle volgens afkoms en familie getel.
NUMERI 4:48 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
hulle geteldes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.
NUMERI 4:34-48 DB (Die Boodskap)
Soos die Here beveel het, het Moses, Aäron en die leiers van die volk die drie Levitiese families, Kehat, Gerson en Merari, getel. Hulle het dit gedoen volgens al die families. Hulle het toe al die mans tussen 30 en 50 jaar oud wat diens kon doen in die tent waar God gedien word, opgeskryf. Die getalle was soos volg: Kehat 2 750, Gerson 2 630 en Merari 3 200. Die groottotaal van al die mans tussen 30 en 50 was 8 580.
NUMERI 4:48 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs hulle geteldes was agtduisend vyf honderd en tagtig.