NUMERI 4:3 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 4:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Tel die Leviete tussen dertig en vyftig jaar, almal wat van Kehat afstam. Doen dit volgens afstamming van familie. Dit moet almal insluit wat vir diens geskik is, wat die werk in die tent van ontmoeting kan verrig.
NUMERI 4:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.
NUMERI 4:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Tel almal wat tussen 30 en 50 jaar oud is, wat in die tabernakel diens kan kom doen.
NUMERI 4:2-3 DB (Die Boodskap)
“Tel al die Leviete tussen 30 en 50 jaar oud wat deel uitmaak van die Kehatgroep. Dit moet al die families van hierdie groep insluit, almal wat diens kan doen in die tent van aanbidding.
NUMERI 4:3 ABA (Bybel vir almal)
Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
NUMERI 4:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
van dertig jaar en ouer, tot vyftig jaar oud, elkeen wat ingaan vir diens om 'n taak te verrig in die Tent van Ontmoeting.
NUMERI 4:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar oud, almal wat in die leër ingaan om die werk te doen in die tent van samekoms.