NUMERI 4:16
NUMERI 4:16 Bybel vir almal (ABA)
“Eleasar seun van die priester Aäron, moet sorg dat daar olyf-olie vir die lampe is, en ook wierook, koring-offers vir elke dag, en salf-olie. Hy moet kyk dat almal reg werk in die tempel-tent en dat hulle die gereedskap reg gebruik.”
NUMERI 4:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die voortdurende spysoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.
NUMERI 4:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Eleasar seun van die priester Aäron moet toesig hou oor die olie vir die kandelaar, die geurige wierook, die gereelde graanoffer en die salfolie. Hy moet toesig hou oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, oor die heiligdom met sy gereedskap.”
NUMERI 4:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Die olie vir die lig, die geurige reukwerk, die gereelde •graanoffer en die salfolie staan onder die beheer van Eleasar, seun van die priester Aäron. Hy hou ook toesig oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, oor sowel die heiligdom as sy gereedskap.”
NUMERI 4:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan die amp van Eleasar, die seun van die priester Aäron, het die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye en die daaglikse spysoffer en die salfolie en die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is, in die heiligdom en in sy voorwerpe.