NUMERI 35:33-34 - Compare All Versions
NUMERI 35:33-34 ABA (Bybel vir almal)
Julle moenie die land ontwy waar julle woon nie, want moord ontwy 'n land. Niemand kan versoening doen vir die land waar iemand vermoor is nie. Die moordenaar moet ook sterf, net dít sal vir die land versoening doen. Julle moenie die land waar julle woon, onrein laat word nie. Dit is die land waar Ek self ook woon, want Ek woon tussen die Israeliete.”
NUMERI 35:33-34 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het. En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.
NUMERI 35:33-34 AFR83 (Afrikaans 1983)
Julle mag die land waarin julle woon, nie onrein maak nie, want bloedvergieting verontreinig die land en daar kan alleen deur die dood van hom wat die bloed vergiet het, versoening gedoen word vir die land waarin die bloed vergiet is. Julle moenie die land waarin julle bly en waar Ek teenwoordig is, onrein maak nie, want Ek, die Here, is teenwoordig by die Israeliete.”
NUMERI 35:33-34 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle mag nie die land waarin julle is, besoedel nie. Ja, bloed, dit is wat die land besoedel. Vir die land word nie versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, behalwe deur die bloed van hom wat dit vergiet. Julle mag nie die land waarin julle woon, waarin Ek ook vertoef, verontreinig nie; want Ek, die HERE, vertoef tussen die Israeliete.’ ”
NUMERI 35:33-34 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom mag julle die land waarin julle is nie ontheilig nie, want bloed verontreinig die land; en die land kan nie gereinig word van die bloed wat daarin vergiet is nie, maar deur die bloed van hom wat dit vergiet het. Verontreinig dan nie die land waarin julle sal woon waarin Ek woon nie, want Ek, die HERE, woon onder die kinders van Israel.
NUMERI 35:33-34 DB (Die Boodskap)
Julle mag nie die land waarin julle nou gaan bly, met moord besoedel nie. Daar is net een manier waarop die skuld hiervoor betaal kan word om die land weer skoon te kry en dit is om die persoon wat die moord gepleeg het, tereg te stel. Julle moenie die land waarin julle bly, besoedel nie, want Ek self bly ook daar. Ek is die Here wat tussen die Israeliete woon.”
NUMERI 35:33-34 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Julle moenie die land besoedel waarin julle woon nie. Moord besoedel die land. Die moord wat gepleeg is, kan ook nie anders versoen word as deur die teregstelling van hom wat die moord gepleeg het nie. Julle moenie die land waarin julle woon onrein maak nie. Ék bly ook daar. Ek is die HERE wat tussen die Israeliete bly.”