NUMERI 35:2
NUMERI 35:2 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir die Leviete stede gee om in te woon in die land wat hulle kry. Hulle moet ook vir die Leviete weiveld rondom die stede gee.
NUMERI 35:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
NUMERI 35:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sê vir die Israeliete hulle moet in die gebiede wat hulle besit, vir die Leviete stede gee om in te woon, en ook weiveld rondom die stede.
NUMERI 35:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Gee die Israeliete opdrag dat hulle vir die Leviete van hulle onvervreembare erfgrond moet gee as stede om in te woon. Julle moet ook meentgrond rondom hulle stede vir die Leviete gee.
NUMERI 35:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van die erfdeel van hulle besitting stede gee om in te woon; en julle moet ook aan die Leviete weiveld gee vir die stede rondom hulle.