NUMERI 33:2
NUMERI 33:2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê Moses moet die name opskryf van die plekke van waar hulle elke maal verder gegaan het, en Moses het dit gedoen. Hier is 'n lys van die plekke
NUMERI 33:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Volgens die bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
NUMERI 33:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op bevel van die Here het Moses soos hulle getrek het die name van die kampplekke aangeteken. Dit is hoe hulle getrek het
NUMERI 33:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het in opdrag van die HERE die vertrekpunte van hulle trekskofte neergeskryf. Dit is dan hulle trekskofte volgens die vertrekpunte
NUMERI 33:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het hulle uittogte volgens hulle reise geskrywe volgens die bevel van die HERE; en dit is hulle togte volgens hulle uittogte.