NUMERI 32:15 - Compare All Versions
NUMERI 32:15 ABA (Bybel vir almal)
As julle nie doen wat die Here wil hê nie, dan sal Hy die volk weer in die woestyn los. Dan sal julle hierdie hele volk laat sterf.”
NUMERI 32:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
As julle van Hom afvallig word, sal Hy hulle nog langer in die woestyn laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde laat gaan.
NUMERI 32:15 AFR83 (Afrikaans 1983)
As julle nou aan Hom ontrou is, sal Hy die hele volk nog langer in die woestyn laat bly en hulle tot niet laat gaan.”
NUMERI 32:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
As julle ophou om Hom te volg, sal Hy julle weer in die woestyn agterlaat, en julle sal die ondergang van hierdie hele volk veroorsaak.”
NUMERI 32:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as julle van hom af wegdraai, sal hy hulle weer in die woestyn laat; en julle sal hierdie hele volk vernietig.
NUMERI 32:15 DB (Die Boodskap)
As julle twee stamme weier om die Here te volg, gaan Hy die Israeliete doodgewoon in die woestyn aan hulle eie lot oorlaat, en wat dink julle bly dan van hulle oor?”
NUMERI 32:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
As julle nou die rug op Hom draai en Hy laat die volk nog langer in die woestyn bly, gaan julle hierdie hele nasie vernietig.”