NUMERI 30:3 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 30:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
“As 'n jong vrou wat nog in haar ouerhuis is, 'n gelofte aan die Here doen of 'n verpligting op haar neem
NUMERI 30:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug
NUMERI 30:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“’n Jong meisie wat nog in haar ouerhuis bly, kan ’n gelofte aan die HERE maak, of ’n belofte aflê.
NUMERI 30:3 DB (Die Boodskap)
“As ’n jongmeisie voor haar troue terwyl sy nog in haar ouerhuis woon, ’n belofte aan die Here maak of iets onder eed belowe
NUMERI 30:3-4 ABA (Bybel vir almal)
“Wanneer 'n vrou nog jonk is en sy woon by haar ouers en sy maak 'n gelofte aan die Here, dan moet sy alles doen wat sy belowe het. Sy moet dit ook doen wanneer sy belowe om iets te doen en sy sê die Here moet die getuie wees, en haar pa hoor wat sy belowe het en hy sê niks.
NUMERI 30:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Wanneer 'n vrou 'n gelofte aan die HERE aflê en haar in haar jeug aan die onthouding van iets bind terwyl sy in die huis van haar vader is
NUMERI 30:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As 'n vrou ook 'n gelofte aan die HERE beloof en haarself met 'n band verbind terwyl sy in haar vader se huis was in haar jeug