NUMERI 3:45
NUMERI 3:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
NUMERI 3:45 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet die Leviete neem in die plek van al die oudste seuns van die Israeliete, en jy moet die Leviete se diere neem in die plek van die Israeliete se diere. Die Leviete behoort aan My, Ek is die Here.
NUMERI 3:45 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Stel die Leviete beskikbaar vir my diens in die plek van al Israel se eersgeborenes; neem ook die Leviete se vee in die plek van die Israeliete s'n. Die Leviete behoort aan My. Ek is die Here.
NUMERI 3:45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die Israeliete, en ook die Leviete se vee in die plek van hulle vee. Die Leviete behoort aan My. Ek is die HERE.
NUMERI 3:45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee; en die Leviete sal myne wees. Ek is die HERE.