Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

NUMERI 20:2 – Vergelyk alle weergawes

NUMERI 20:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en Aäron rusie gemaak en gesê: “As ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is!

NUMERI 20:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.

NUMERI 20:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daar was nie genoeg water vir die mense om te drink nie. Hulle het toe op Moses en Aäron toegesak.

NUMERI 20:2 DB (Die Boodskap)

Daar was nie genoeg water om te drink vir almal nie, en hulle was weer vir Moses en Aäron kwaad.

NUMERI 20:2 ABA (Bybel vir almal)

Daar was nie water vir die volk nie, hulle het bymekaargekom en gekla teen Moses en Aäron.

NUMERI 20:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe daar nie meer water vir die volksvergadering was nie, het hulle teen Moses en Aäron saamgespan.

NUMERI 20:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daar was geen water vir die vergadering nie, en hulle het bymekaargekom teen Moses en teen Aäron.