NUMERI 2:9 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 2:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die hele kamp onder leiding van Juda, ingedeel in leërafdelings, is altesaam 186 400 weerbare manne. “Hierdie drie stamme moet altyd eerste versit.
NUMERI 2:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.
NUMERI 2:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.
NUMERI 2:9 DB (Die Boodskap)
Die totaal van al die troepe in Juda se kamp is 186 400 soldate. Hierdie drie stamme moet altyd eerste trek as julle julle kamp verskuif.
NUMERI 2:3-9 ABA (Bybel vir almal)
“Die vlag van die Juda-kamp moet oos van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Juda wat 74 600 manne het, hulle leier is Nagson seun van Amminadab, Issaskar wat 54 400 manne het, hulle leier is Netanel seun van Suar, Sebulon wat 57 400 manne het, hulle leier is Eliab seun van Gelon. “In die Juda-kamp is hulle almal saam 186 400 manne en hulle moet eerste gaan.
NUMERI 2:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Juda, volgens hulle leërafdelings, is 186 400. Hulle moet eerste kamp opbreek.
NUMERI 2:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die geteldes in die laer van Juda was honderd ses en tagtig duisend vier honderd volgens hulle leërs. Dit sal eers uiteengesit word.