NUMERI 2:31 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 2:31 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die hele kamp onder leiding van Dan is altesaam 157 600 weerbare manne. “Hierdie stamme moet met hulle vaandels die laaste versit.”
NUMERI 2:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewen-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.
NUMERI 2:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Aan Dan se kant is daar altesaam 157 600 manskappe. Hierdie stamme moet laaste vertrek, aan die agterkant.”
NUMERI 2:31 DB (Die Boodskap)
Die totaal van die troepe onder leiding van Dan is altesaam 157 600 soldate. Hierdie stamme moet laaste trek.”
NUMERI 2:25-31 ABA (Bybel vir almal)
“Die vlag van die Dan-kamp moet noord van die tempel-tent staan. Die stamme wat hulle tente daar in groepe moet opslaan, is: “Dan wat 62 700 manne het, hulle leier is Agiëser seun van Ammi-Saddai, Aser wat 41 500 manne het, hulle leier is Pagiël seun van Okran, Naftali wat 53 400 manne het, hulle leier is Agira seun van Enan. “In die Dan-kamp is hulle almal saam 157 600 manne en hulle moet laaste gaan.”
NUMERI 2:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Al dié wat ingeskryf is van die kamp van Dan, is 157 600. Hulle moet laaste kamp opbreek volgens hulle eenhede.”
NUMERI 2:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die geteldes in die laer van Dan was honderd sewe en vyftig duisend ses honderd. Hulle sal agteruit gaan met hulle standaarde.