Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

NUMERI 2:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

NUMERI 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen by sy vaandel, by sy familieteken. Hulle moet die kamp rondom die tent van ontmoeting opslaan, so 'n entjie daarvandaan.

NUMERI 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op 'n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.

NUMERI 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Hulle moet elkeen onder die vaandel van hulle stam gaan staan. Hulle moet reg rondom die tabernakel kamp opslaan.

NUMERI 2:2 DB (Die Boodskap)

“Wanneer die Israeliete kamp opslaan, moet julle aan elke groep ’n sekere gebied toeken waar hulle hulle tente moet opslaan. Hulle moet ook hulle eie vlag daar laat waai. Die tent waar Ek aanbid word, moet in die middel van die kamp wees met die ander tente so ’n ent weg reg rondom die tabernakel opgeslaan.

NUMERI 2:2 ABA (Bybel vir almal)

“Elke stam moet sy tente opslaan by sy vlag, by sy familie-teken. Die Israeliete moet hulle tente opslaan rondom die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

NUMERI 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Die Israeliete moet elkeen by sy eenheid, by die vaandels van hulle familie, kamp opslaan. Hulle moet langs mekaar, op 'n afstand, rondom die Tent van Ontmoeting kamp opslaan.

NUMERI 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Elkeen van die kinders van Israel moet laer opslaan volgens sy vaandel, met die vaandel van hulle vader se huis; ver rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.