NUMERI 2:17 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 2:17 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Die kamp van die Leviete met die tent van ontmoeting moet altyd in die middel van die ander kampe bly wanneer hulle trek. In dieselfde orde waarin die stamme kamp opslaan, moet hulle ook die kamp opbreek, elkeen op sy eie plek en by sy eie vaandel.
NUMERI 2:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.
NUMERI 2:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Die Leviete sal van die middel van die kamp af vertrek. Soos hulle gestaan het, het die stamme in dieselfde volgorde agter hulle vaandels aan getrek.
NUMERI 2:17 DB (Die Boodskap)
“Die Leviete met die tent van aanbidding moet altyd in die middel van die ander groepe bly wanneer hulle trek. Die stamme moet in dieselfde posisie bly waarin hulle ingedeel is en elke groep moet hulle eie vlag dra.
NUMERI 2:17 ABA (Bybel vir almal)
“Daarna moet die Leviete die tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die tente van die Leviete is in die middel van die kamp, en elkeen moet gaan wanneer dit sy beurt is, elkeen by sy vlag.
NUMERI 2:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Dan moet die Tent van Ontmoeting, die kamp van die Leviete wat in die middel van die kampe is, verskuif. Soos hulle kamp opslaan, so moet hulle ook kamp opbreek, elkeen op sy plek, volgens hulle eenhede.
NUMERI 2:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan moet die tent van samekoms optrek saam met die laer van die Leviete in die middel van die laer; soos hulle laer opslaan, so moet hulle optrek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.