NUMERI 16:42
NUMERI 16:42 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het opstandig geword teen Moses en Aäron, maar toe hulle kyk na die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, toe was die wolk oor die tent en toe sien hulle die lig wat om die Here, die Koning, is.
NUMERI 16:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
NUMERI 16:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die gemeente teen Moses en Aäron bymekaarkom en na die tent van ontmoeting toe draai, het die wolk die tent bedek en het die magtige teenwoordigheid van die Here sigbaar geword.
NUMERI 16:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die volksvergadering teenoor Moses en Aäron stelling inneem, het hulle in die rigting van die Tent van Ontmoeting gedraai. Skielik het die wolk dit bedek, en het die heerlikheid van die HERE verskyn.
NUMERI 16:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die vergadering teen Moses en Aäron vergader het, het hulle na die tent van samekoms gekyk; en kyk, die wolk het dit oordek, en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
NUMERI 16:42 Die Boodskap (DB)
Terwyl die klomp mense nog besig was om met Moses en Aäron te stry, het iets hulle aandag getrek daar by die tent waar die Here aanbid word. Die wolk van die Here het oor die tent neergesak en die verblindende helder lig van die Here se teenwoordigheid het daaruit geskyn.