NUMERI 16:13
NUMERI 16:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is dit nie genoeg nie dat jy ons uit die land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn te laat sterf, dat jy ook nog voortdurend oor ons wil baasspeel?
NUMERI 16:13 Bybel vir almal (ABA)
Jy het ons weggeneem uit 'n vrugbare land om ons in 'n woestyn te laat sterf. Is dit nie genoeg nie? Wil jy ons nog meer laat swaarkry?
NUMERI 16:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is dit nie genoeg dat jy ons uit 'n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
NUMERI 16:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Is dit nie genoeg dat jy ons laat trek het uit 'n land wat oorloop van melk en heuning om ons in die woestyn te laat omkom nie? En nou wil jy ook nog gedurig oor ons baasspeel!
NUMERI 16:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is dit 'n geringe ding dat U ons laat optrek het uit 'n land wat oorloop van melk en heuning, om ons in die woestyn dood te maak, as U Uself nie geheel en al 'n vors oor ons maak nie?