NUMERI 11:32 - Compare All Versions

NUMERI 11:32 ABA (Bybel vir almal)

Die mense het begin en hulle het daardie hele dag en die hele nag en die hele dag daarna kwartels bymekaargemaak. Die minste wat een persoon bymekaargemaak het, was tien gomer. Hulle het die kwartels rondom die kamp gegooi om droog te word.

NUMERI 11:32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle uitgesprei rondom die laer.

NUMERI 11:32 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die volk het daardie hele dag en die hele nag en ook die volgende dag uitgegaan en kwartels bymekaargemaak. Elkeen het minstens 'n ton vleis bymekaargemaak en dit rondom die kamp oopgegooi.

NUMERI 11:32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die volk het daardie hele dag, die hele nag en ook die hele volgende dag opgebly en kwartels bymekaargemaak. Die een wat die minste gehad het, het tien gomer bymekaargemaak. En hulle het dit vir hulleself oral rondom die kamp uitgesprei.

NUMERI 11:32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die volk het daardie hele dag en die hele nag en die hele volgende dag opgestaan en die kwartels bymekaargemaak; die een wat die minste bymekaargemaak het, het tien homers bymekaargemaak, en hulle het dit almal vir hulle versprei rondom die laer.

NUMERI 11:32 DB (Die Boodskap)

Die volk was die hele dag en die hele nag en die volgende dag besig om voëls te vang en bymekaar te maak. Nie een gesin het minder as 1 000 kilogram bymekaargemaak nie. Hulle het die voëls reg rondom die kamp oopgesprei om droog te word.

NUMERI 11:32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die volk het uitgegaan en daardie hele dag en nag en ook nog die volgende dag kwartels bymekaargemaak. Die minste wat enigeen bymekaargemaak het, was 50 houers. Hulle het die voëls reg rondom die kamp oopgesprei.