NUMERI 11:23
NUMERI 11:23 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Dink jy dat Ek dit nie kan doen nie? Jy sal nou sien of dit wat Ek gesê het, sal gebeur of nie.”
NUMERI 11:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
NUMERI 11:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here het vir Moses gesê: “Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.”
NUMERI 11:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die HERE het Moses geantwoord: “Is die HERE se hand te kort? Nou sal jy sien of my woord vir jou waar word of nie.”
NUMERI 11:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Is die hand van die HERE kort? jy sal nou sien of my woord aan jou sal uitkom of nie.