NUMERI 11:21
NUMERI 11:21 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Moses vir die Here: “Daar is 600 000 manne hier by my wat oorlog kan maak, en U sê U sal vir hulle vleis gee en hulle sal 'n maand lank eet.
NUMERI 11:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Moses: Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal 'n hele maand lank eet!
NUMERI 11:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het toe gesê: “Hier is ek tussen ses honderd duisend mense, almal te voet, en U sê U sal vir hulle vleis gee, sodat hulle 'n hele maand lank daarvan kan eet!
NUMERI 11:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het Moses gesê: “Seshonderdduisend mense te voet is die volk in wie se midde ek is, en U sê, ‘Vleis sal Ek vir hulle gee, sodat hulle 'n maand lank sal eet.’
NUMERI 11:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Moses: Die volk onder wie ek is, is seshonderdduisend voetgangers; en jy het gesê: Ek sal hulle vleis gee, dat hulle 'n hele maand kan eet.