NUMERI 10:2 – Vergelyk alle weergawes
NUMERI 10:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Maak nou twee trompette van geslae silwer, en gebruik dit om die vergadering bymekaar te roep en om die kamp te laat opbreek.
NUMERI 10:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maak vir jou twee silwertrompette; van dryfwerk moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep en om die laers te laat opbreek.
NUMERI 10:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Maak vir jou twee trompette van uitgerolde silwer. Gebruik hulle om die gemeenskap bymekaar te roep. Dit moet ook die teken wees om die kamp af te slaan.
NUMERI 10:2 DB (Die Boodskap)
“Maak twee trompette van suiwer silwer en gebruik dit om die volk bymekaar te kry vir ’n vergadering of as teken dat hulle die kamp moet opbreek.
NUMERI 10:2 ABA (Bybel vir almal)
“Jy moet twee silwer trompette maak, jy moet hulle maak van silwer wat jy met die hamer slaan. Jy moet hulle gebruik om die volksvergadering te roep om bymekaar te kom en om die Israeliete verder te laat gaan.
NUMERI 10:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Maak vir jou twee silwertrompette. Deur pletwerk moet jy dit maak. Gebruik dit vir die saamroep van die volksvergadering en vir die opbreek van die kampe.
NUMERI 10:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maak vir jou twee silwerbasuine; van 'n hele stuk moet jy dit maak, sodat jy dit kan gebruik vir die roeping van die vergadering en vir die optrek van die laers.