NUMERI 1:44-46
NUMERI 1:20-46 Bybel vir almal (ABA)
Moses en Aäron en die twaalf leiers het die manne getel wat 20 jaar of ouer was, elkeen wat oorlog kon maak. Hulle het opgeskryf van wie se nageslag elke persoon is, aan watter familie hy behoort en by watter groep van die leër hy moet wees. Hier is die getalle van die manne van die nageslag van die stamvaders: Ruben, die oudste seun van Israel: 46 500 manne Simeon: 59 300 Gad: 45 650 Juda: 74 600 Issaskar: 54 400 Sebulon: 57 400 Efraim seun van Josef: 40 500 Manasse seun van Josef: 32 200 Benjamin: 35 400 Dan: 62 700 Aser: 41 500 Naftali: 53 400 Almal saam: 603 550 manne.
NUMERI 1:44-46 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families. So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek — al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
NUMERI 1:44-46 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was dan die getal van die manne wat deur Moses, Aäron en die twaalf Israelitiese stamhoofde getel is. Altesaam was die getelde Israeliete 603 550. Dit was die weerbare manne van twintig jaar en ouer, getel volgens families.
NUMERI 1:20-46 Die Boodskap (DB)
Die weerbare manne se getalle volgens hulle stamme was: van Israel se oudste seun Ruben 46 500 van Simeon 59 300 van Gad 45 650 van Juda 74 600 van Issaskar 54 400 van Sebulon 57 400 van Josef se seuns: Efraim 40 500 Manasse 32 200 van Benjamin 35 400 van Dan 62 700 van Aser 41 500 van Naftali 53 400 Daar was altesaam 603 550 weerbare manne wat twintig jaar en ouer was. Hulle getalle is bereken volgens hulle families.