NUMERI 1:18
NUMERI 1:18 Bybel vir almal (ABA)
en die hele volksvergadering laat bymekaarkom op die eerste dag van die tweede maand. Elke man wat 20 jaar of ouer was, moes sê van wie se nageslag hy is en aan watter familie hy behoort.
NUMERI 1:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof
NUMERI 1:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die eerste dag van die tweede maand het hulle toe die hele volk bymekaargeroep. Daarna het elke weerbare man sy afkoms volgens stam en familie opgegee, almal van twintig jaar en ouer.
NUMERI 1:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en op die eerste dag van die tweede maand die hele volksvergadering bymekaar laat kom. Hulle het toe geslagsregisters oor hulle familiegroepe, volgens hulle families, opgestel met die volle name van dié wat twintig jaar en ouer was, kop vir kop
NUMERI 1:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die hele vergadering bymekaar laat kom op die eerste dag van die tweede maand, en hulle het hulle stambome volgens hulle geslagte, volgens die huis van hulle vaders, volgens die getal van die name, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle stembusse bekend gemaak.