NEHEMIA 4:6
NEHEMIA 4:6 Die Boodskap (DB)
Ons het verder aan die muur gebou. Kort voor lank was dit halfpad voltooi omdat almal met hart en siel help bou het.
NEHEMIA 4:6 Bybel vir almal (ABA)
Ons het aangehou om die muur te bou. Die muur was die helfte so hoog soos hy moes wees, en die mense het fluks gewerk.
NEHEMIA 4:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.
NEHEMIA 4:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.
NEHEMIA 4:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons het die stadsmuur opgebou. Die dele van die hele muur is saamgevoeg tot op die helfte van sy hoogte. Die volk se hart was in hulle werk.