NEHEMIA 13:5
NEHEMIA 13:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n groot vertrek by die tempel reggemaak. Eljasib was aangestel as toesighouer oor die stoorkamers van die tempel. Hierdie vertrek was voorheen gebruik om die graanoffers, wierook, tempelgereedskap, tiende porsies van die koring, nuwe wyn en olyfolie in te stoor. Hierdie offers was bedoel vir die Leviete, die sangers, die hekwagte en die priesters.
NEHEMIA 13:5 Bybel vir almal (ABA)
vir Tobija 'n groot kamer gegee om in te woon. Dit was die kamer waarin hulle voorheen die koring vir die koring-offer gebêre het en ook die wierook en die gereedskap en die tiendes van koring, wyn en olyf-olie. Die Leviete en die mense wat moes sing en die poortwagte moes die tiendes kry, en die priesters moes hulle eie deel van die tiendes kry.
NEHEMIA 13:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
vir hom 'n groot kamer ingerig waar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en die offergawe aan die priesters neergesit het.
NEHEMIA 13:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
vir Tobija 'n groot kamer ingerig wat tevore gebruik was vir die graanoffer, die wierook, die offergereedskap, die tiendes van koring, wyn en olie, die aandeel van die Leviete, die sangers en die poortwagte, en die offergawe vir die priesters.
NEHEMIA 13:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
vir Tobija 'n groot vertrek ingerig waar die •graanoffers, die wierook en die tempeltoerusting voorheen opgeberg was, ook die tiendes van koring, •nuwe wyn en olie wat regtens die Leviete, die sangers en die poortwagte toegekom het, asook die •wydingsgeskenke vir die priesters.
NEHEMIA 13:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het vir hom 'n groot kamer berei, waar hulle tevore die spysoffers, die wierook en die voorwerpe en die tiendes van die koring, die mos en die olie, wat beveel is om aan die Leviete gegee te word, neergelê het, en die sangers en die poortwagters; en die offergawes van die priesters.
NEHEMIA 13:5 Die Boodskap (DB)
Daarom het hy Tobija toegelaat om in ’n ruim kamer in te trek. Hierdie kamer was eintlik bedoel as stoorplek vir die koring, wierook en gereedskap wat hulle in die tempel gebruik het, asook vir die tiendes van die koring, wyn en olyfolie wat vir die Leviete, die tempelmusikante en die tempelwagte bedoel was. Die priesters se deel van die offers is ook daar gebêre.