MARKUS 8:38
MARKUS 8:38 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat nou lewe, doen baie sonde. Hulle doen nie wat God wil hê nie. As iemand doen soos hulle en hy wil My nie ken nie en hy wil nie glo wat Ek sê nie, dan sal Ek, die Seun van die mens, hom ook nie wil ken nie. Ek sal hom ook nie wil ken nie wanneer Ek saam met die heilige engele kom en Koning is soos my Vader Koning is.”
MARKUS 8:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.
MARKUS 8:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”