MARKUS 5:37
MARKUS 5:37 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus, saam met Hom geneem. Hy het niemand anders saamgeneem nie.
MARKUS 5:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.
MARKUS 5:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het niemand behalwe Petrus, Jakobus en Johannes die broer van Jakobus toegelaat om verder saam met Hom te gaan nie.
MARKUS 5:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy het niemand toegelaat om met Hom saam te gaan nie, behalwe •Petrus, Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.
MARKUS 5:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het niemand toegelaat om hom te volg nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes, die broer van Jakobus.