MARKUS 5:22
MARKUS 5:22 Bybel vir almal (ABA)
Jaïrus, een van die hoofde van die sinagoge, het daar aangekom. Toe hy vir Jesus sien, het hy voor Hom op die grond geval
MARKUS 5:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer
MARKUS 5:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy knieë voor Hom
MARKUS 5:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een van die leiers van die •sinagoge, met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. En toe hy Hom sien, val hy voor sy voete neer
MARKUS 5:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy hom sien, val hy voor sy voete neer