MARKUS 4:37-38
MARKUS 4:37-38 Bybel vir almal (ABA)
'n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het. Jesus het agter in die boot op 'n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”
MARKUS 4:37-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?
MARKUS 4:37-38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?”
MARKUS 4:37-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Hewige stormwind het opgekom, en die golwe het in die boot geslaan, sodat die boot reeds vol water begin word het. Hy self was egter agter in die boot op die kussing aan die slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
MARKUS 4:37-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar het 'n groot stormwind opgekom, en die golwe het in die skip geslaan, sodat dit nou vol was. En hy was agter in die skip en slaap op 'n kussing; en hulle maak hom wakker en sê vir hom: Meester, gee u nie om dat ons vergaan nie?
MARKUS 4:37-38 Die Boodskap (DB)
Daar bars toe ’n woeste storm los. Die golwe het tot binne-in die skuit geslaan en die skuit het vol water begin word. Jesus het agter in die skuit op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels skud Hom toe wakker en sê: “Gee U nie om dat ons besig is om te sink nie?”
MARKUS 4:37-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar het ’n hewige stormwind opgekom. Groot golwe het teen die skuit gebreek, met die gevolg dat dit alreeds vol water begin word het. Jesus het agter in die skuit gelê en slaap met sy kop op ’n kussing. Sy dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Leermeester, gee U nie om dat ons besig is om te vergaan nie?”