MARKUS 4:15
MARKUS 4:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die saad langs die pad is die mense by wie die woord gesaai word – sodra hulle dit hoor, kom Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle gesaai is.
MARKUS 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die woorde van die boodskap hoor, maar die Satan kom dadelik en hy vat die woorde weg wat God in hulle harte gesaai het.
MARKUS 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is hulle wat langs die pad is — waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
MARKUS 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is mense by wie daar soos op 'n pad gesaai word: sodra hulle die woord hoor, kom die Satan en vat die woord weg wat in hulle gesaai is.
MARKUS 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is hulle langs die pad, waar die woord gesaai word; maar as hulle dit hoor, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.