MARKUS 3:7-9
MARKUS 3:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels het teruggegaan na die see en 'n klomp mense van die provinsie Galilea het saam met Hom gegaan. Daar het ook baie mense van die provinsie Judea gekom, en van Jerusalem, en van die ander kant van die Jordaan-rivier en van die plekke rondom die stede Tirus en Sidon. Hulle het na Jesus toe gekom, want hulle het gehoor van die dinge wat Hy doen. Jesus het vir sy dissipels gesê hulle moet vir Hom 'n bootjie kry. Daar was so baie mense dat Jesus bang was hulle druk teen Hom en maak Hom seer.
MARKUS 3:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.
MARKUS 3:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af, en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. Weens die gedrang het Hy vir sy dissipels gesê om vir Hom 'n skuitjie reg te hou sodat die mense Hom nie vertrap nie.
MARKUS 3:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het saam met sy dissipels na die see teruggegaan, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg. Ook uit Judea, Jerusalem, Idumea, van oorkant die Jordaan, en uit die omgewing van Tirus en Sidon, het 'n groot menigte na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen. Hy het toe vir sy dissipels opdrag gegee om vir Hom 'n skuit gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap.
MARKUS 3:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het Hom saam met sy dissipels na die see teruggetrek, en 'n groot menigte uit Galilea het Hom gevolg en uit Judéa, En van Jerusalem en van Idumaea en van oorkant die Jordaan; en hulle van Tirus en Sidon, 'n groot menigte, het na hom gekom toe hulle hoor watter groot dinge hy gedoen het. En Hy het met sy dissipels gesê dat 'n klein skippie op Hom moes wag vanweë die menigte, dat hulle Hom nie sou verdring nie.
MARKUS 3:7-9 Die Boodskap (DB)
Jesus is weer met sy volgelinge see toe. ’n Groot groep mense uit Galilea is saam met hulle. Maar die nuus oor alles wat Jesus gedoen het, het ver oor die grense van Galilea versprei. Uit alle rigtings soos Judea en Jerusalem, selfs van Idumea, Tirus en Sidon en van die oorkant van die Jordaan af het die mense gekom. Jesus vra toe sy dissipels om ’n klein bootjie reg te hou sodat Hy daarin kon klim as die mense te veel om Hom saamdrom.
MARKUS 3:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het saam met sy dissipels na die see toe gegaan. ’n Groot skare het agter Hom aan gekom – van Galilea, Judea, Jerusalem, Idumea, oorkant die Jordaan, en selfs van so ver as Tirus en Sidon. Die nuus van wat Hy gedoen het, het wyd versprei en ’n groot menigte mense het na Hom toe gekom. Jesus het aan sy dissipels opdrag gegee om ’n bootjie vir Hom gereed te hou om te voorkom dat die skare Hom vertrap.